Nóg vragmotors brand in die buurland

Nóg vragmotors is aan die brand in die buurland – dié keer op die N2 tussen Ermelo en Piet Retief in Mpumalanga. Volgens die polisie is die pad gesluit waar vier vragmotors sedert vroeg vanoggend aan die brand is. Verkeer word tans herlei. In die voorval op die R59 noord van Meyerton in Gauteng, waar ‘n vragmotor vroeg vanoggend uitgebrand het, is dit glo deur ‘n meganiese fout veroorsaak. Die polisie sê hulle vermoed nie enige brandstigting nie. Die polisie en verkeerspolisie is op die toneel. Niemand is beseer nie.