Nog vier vakbonde kry stakingsertifikate

Nog vier staatsdiensvakbonde in Suid-Afrika, insluitend die Nasionale Onderwys-, Gesondheid- en Verwante Werkersvakbond, Nehawu, het stakingsertifikate ontvang. Dit volg nadat loononderhandelings by die staatsdiens se koördinerende bedingingsraad ‘n dooiepunt bereik het. Vakbonde is gekant teen die regering se eensydige besluit van ‘n drie-persent-salarisverhoging. Die Vereniging van Staatsamptenare het verlede maand op die 24ste ‘n stakingskennisgewing ingedien en kan van môre af wettig staak. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het reeds begroot vir die verhoging van 3 persent wat die regering sowat 690 miljard Suid-Afrikaanse rand gaan kos om in te stel.