Nog verslapping in wapen-eienaarskap in VSA

’n Amerikaanse appèlhof het ’n federale wet  wat dit ’n misdaad maak vir mense onder huishoudelike geweld-beperkingsbevele om vuurwapens te besit, ongrondwetlik verklaar. Die besluit is die jongste oorwinning vir wapenregte-bewegings in die VSA sedert ‘n uitspraak verlede Junie wat ‘n wye reg verleen aan mense om vuurwapens buite die huis te dra.