Nog US$800m vir Oekraïne in wapens, sê Biden

Die Amerikaanse President Joe Biden het vandag weer 800 miljoen Amerikaanse dollar in wapenbystand aan die Oekraïne bewillig. Dit is die tweede keer wat die VSA soveel wapentuig bewillig en dit kom te midde van verskerpte aanvalle in die suidooste van daardie land.