Chinese wil hoëspoedtrein tussen Jhb en Durban bou

Die Chinese ambassadeur in Suid-Afrika, Chen Xiaodong, sê China en Suid-Afrika hou samesprekings oor ‘n moontlike dekade-lange plan vir die bou van ‘n hoëspoed-spoorlyn wat Johannesburg en Durban sal verbind. Chen sê China sal met Suid-Afrika saamwerk om die ekonomie deur die twee ekonomiese spilpunte te versterk. Suid-Afrika het China se grootste handelsvennoot in Afrika geword, terwyl China Suid-Afrika se grootste uitvoerbestemming is.