Nog twee beweerde aanhitsers tydens verlede maand se onluste in Suid-Afrika aangekeer

Die Valke in Suid-Afrika het nog twee beweerde aanhitsers tydens verlede maand se
geweld en plundering in die buurland aangekeer. Misdaad-intelligensie-beamptes het ‘n
35-jarige verdagte in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem, terwyl ‘n 36-jarige verdagte in
Gauteng vasgetrek is. ‘n Woordvoerder van die Valke, Katlego Mogale, sê die twee
gaan van aanhitsing tot openbare geweld aangekla word en die week in die hof
verskyn.