Nog slegte nuus oor ekonomie

Volgens die Namibiese Statistieke Agentskap het die ekonomie met 6,5 persent in die eerste kwartaal ingekrimp. Dit is meestendeels deur inkrimpings van 24 persent in konstruksie, 22 persent in vervaardiging, 19 persent in mynwese en 8,2 persent in kleinhandel, onder andere, gedryf. Robert McGregor van Cirrus in die hoofstad sê dit is geen verrassing nie.