Nog sankies teen Rusland

Die Europese Unie het ‘n agste ronde sanksies teen Rusland voorgestel weens sy inval in Oekraïne. Dit sluit in ‘n prysbeperking op Russiese olie vir derde-wêreldlande; verdere beperkings op handelsbande met Moskou; strenger handelsbeperkings en nog individue op ‘n swartlys. Die voorstel word nou aan die blok se 27 lidlande voorgelê. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê Rusland gebruik die wins uit die verkope van fossielbrandstof om sy oorlog te finansier: