Nóg SA vakbonde verwerp loon-aanbod vir staatsamptenare

Die Suid-Afrikaanse regering het ʼn week om te reageer op loon-eise van die Vereniging van Staatsamptenare en ander vakbonde, om ʼn moontlike staking af te weer. Dit volg nadat meer vakbonde by Vrydag se loon-onderhandelinge die regering se aanbod van ʼn twee persent-verhoging verwerp het. Die vakbonde eis tussen vier persent en ses persent. Die onderhandelings-koördineerder vir die Cosatu-groep van vakbonde in die openbare sektor, Simon Hlungwani, sê die werkgewer het tot 12 Augustus om op hulle eise te reageer. In Namibië is ‘n staking van staatsamptenare dié week afgeweer nadat ‘n ooreenkoms bereik is.