Nog reaksie op Suid-Afrika se nuwe minister van Finansies

ActionSA sê korrupsie gaan ‘n onwelkome verskyning in die president Cyril Ramaphosa se kabinet maak ná die aanstelling van Enoch Godogwana as minister van Finansies. Godogwana het in 2012 sy pos as adjunkminister van Ekonomiese Ontwikkeling ontruim, ná hy by ‘n skandaal betrek is oor beweerde bedrog van miljoene rand wat met pensioengeld van klerewerkers gepleeg is. ‘n Woordvoerder van ActionSA. Sabela Chalufa, sê Ramaphosa laat Suid-Afrikaners steeds in die steek deur nie beslissend op te tree en ter ondersteuning van deursigtige, verantwoordbare en korrupsievrye regering nie.