Nog oorstromings in Victoria verwag

Sowat 34 000 huise in suidoos-Australië loop die gevaar om te oorstroom met riviere wat die hoogste vlakke in dekades bereik het. Die staat Victoria word die ergste geraak. Twee mense het die afgelope week verdrink en twee word vermis. Die bedryfshoof van Victoria se staats-nooddiens, Tim Wiebusch, sê een van die slagoffers is ‘n 71-jarige man wat dood aangetref is in die agterplaas van sy huis in Rochester. Nagenoeg 85 persent van die dorp het oorstroom nadat die Campaspe-rivier afgekom het.