Okaukuejo-watergat regstreeks op Wild Earth uitgesaai

Namibia Wildlife Resorts bied ‘n regstreekse uitsending van die Okaukuejo-watergat op Wild Earth se DStv-kanaal 183 aan. Hierdie inisiatief komplementeer die reeds regstreekse NWR YouTube-kanaal wat in April bekend gestel is, met die kykertal wat sowat 1000 natuurlewe-entoesiaste per dag bereik. NWR werk saam Wild Earth vir die besigtiging van watergat-beeldmateriaal soos dit ontvou by die bekendste watergat in Namibië. Dit bereik ‘n gehoor van ongeveer 5 miljoen mense wêreldwyd elke maand. NWR se woordvoerder, Nelson Ashipala, sê dit is ‘n uitstekende bemarkingsplatform vir Namibiese toerisme.