Nóg ‘n wilde perd by Kaapsehoop doodgerySeptember 27, 2021

Inwoners van Kaapsehoop in Mpumalanga vra motoriste om op die uitkyk te wees vir wilde perde nadat nog ‘n perd na bewering deur ‘n verbygaande vragmotorbestuurder doodgery is. Minstens drie wilde perde is die afgelope ses maande in die gebied dood. Hierdie perde is een van die dorp se belangrikste trekpleisters. Daar is vermoedelik sowat 200 wilde perde in ‘n gebied van 17 000 rondom Kaapsehoop.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *