Nog ‘n verkragting aangemeld

Die Namibiese polisie sê ‘n klag van verkragting word ondersoek in Mondesa, Swakopmund. Volgens die mag het ’n 21-jarige man ‘n 15-jarige meisie by ‘n kroeg ontmoet. Die twee is saam na sy huis toe en daar het hy haar oor ‘n periode van vyf dae, blykbaar herhaaldelik verkrag. Die Erongo-polisie sê ‘n ondersoek is gelas en die verdagte sal eers môre in die hof op Swakopmund verskyn.