NamPower moenie meer krag genereer nie

Die regering oorweeg ‘n langtermynplan om sy staatsbeheerde kragvoorsiener, NamPower, in ‘n elektrisiteitsverspreidingsmaatskappy te omskep, terwyl onafhanklike kragprodusente die opwekking van elektrisiteit oorneem. Die minister van myne en energie Tom Alweendo sê die huidige vraag na elektrisiteit staan op ongeveer 600 megawatt met plaaslike produksie op 486,5 megawatt. Van die produksie dra onafhanklike kragprodusente 15 persent by. Alweendo sê die produsente moet verder bemagtig word en die las moet van NamPower afgehaal word.