Nog ‘n skoolskietery in die VSA

‘n Sestienjarige meisie en 61-jarige vrou is dood tydens ‘n skietvoorval by die Central Visual and Performing Arts High School in St. Louis, Amerika. Agt ander is gewond. Die polisie het by die skool opgedaag kort nadat oproepe ontvang is dat daar ‘n gewapende man op die kampus is. Die polisie het op die skieter gevuur en hom getref. Hy is na ‘n hospitaal geneem waar hy later dood is. Een van die studente, Adrienne Bolden, kon dit regkry om te ontsnap.