Nog ‘n party vir SA se verkiesings

Die Suid-Afrikaanse aktivis en voormalige FirstRand Groep-voorsitter, Roger Jardine, het ‘n nuwe politieke party genaamd Change Starts Now gestig. Hy het gister na sy tuisdorp Riverlea suid van Johannesburg teruggekeer om die party van stapel te stuur. Die voormalige ANC-lid het daarin geslaag om groot name te trek, insluitend aktiviste Mark Heywood en Nicole Fritz. Jardine sê nie-rassigheid is een van die party se belangrikste ideologiese beginsels. Hy voeg by dat sy party maatskaplike toelaes sal steun, en korrupsie sal beveg. Change Starts Now sal na verwagting deelneem aan volgende jaar se verkiesing.