Nóg ‘n ongeluk weens sprinkaanplaag eis lewens

Motoriste wat in die Suide reis word gewaarsku teen swerms sprinkane op paaie in die suide van Namibië nadat nóg ‘n ongeluk sowat 30 kilometer buite Grunau op die pad na Keetmanshoop plaasgevind. Volgens berigte vanaf die ongelukstoneel is vier lewens in dié ongeluk geëis. Namiban Marshall Rangers maan die swerms sprinkane laat ‘n glibberige, olierige afskeiding op die paaie wat tot ongelukke kan lei.