Nóg ‘n Intercape-bus aangeval

Die Wes-Kaapse regering het die onlangse bus-aanvalle in die provinsie veroordeel. Dit volg nadat nog ‘n Intercape-bus in Kaapstad onder skoot gekom het. Die bus het na die staanplek gereis om passasiers te laai. Volgens LUR vir polisie-toesig en gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, is die bestuurder geskiet en beseer en sterk in die hospitaal aan.