Nog ‘n ietermagô die naweek gevind

Die polisie in Otjozondjupa het bevestig dat ‘n vragmotorbestuurder in hegtenis geneem is na ‘n lewendige ietermagô in sy vragmotor by Otavi op die B1 gevind is. Volgens die woordvoerder van die streek se polisie, Inspekteur Maureen Mbeha is die verdagte fyn deur owerhede dopgehou omdat hulle, volgens haar, bewus was van sy beweerde onwettige doen en late. Die verdagte sal in die verloop van die week in die hof op Otavi verskyn. Dit bring die totale ietermagô-verwante sake die naweek tot twee met vyf diere wat betrokke is. ‘n Verdagte is in Kamanjab in hegtenis geneem in besit van vier ietermagô-velle.