Nog ‘n heffing vir Windhoekers

Stad Windhoek het te kenne gegee dat hy van einde Februarie ‘n nuwe heffing, een vir brandweerdienste, by munisipale rekenings voeg. Residensiële eiendomme tot en met 3 000 vierkante meter sal 20 dollar bybetaal wat dan opgaan tot 30 dollar vir 10 000 vierkante meter of meer. Nie-residensiële eiendomme betaal tot 200 vierkante meter 20 dollar, en dan tot 500 vierkante meter, 50 dollar. Tussen 500 en 900 vierkante meter is die fooi 100 dollar en bo 900 dollar kos dit 350 dollar. Kerke, ouetehuise en liefdadigheidsorganisasies betaal 75 dollar. Die fooi word maandeliks gehef.