Nog ‘n dieresiekte, rotte-koors, die een in Tanzanië

‘n Vreemde siekte wat die dood van drie mense in Tanzanië veroorsaak het, is geïdentifiseer as leptospirose of “rotte-koors”, ‘n bakteriese infeksie wat algemeen deur die knaagdiere versprei word. Owerhede ‘n span dokters en kundiges na die suidoostelike streek Lindi in die land gestuur waar 20 gevalle aangemeld is, insluitend die drie mense wat gesterf het. Die land se minister van gesondheid, Ummy Mwalimu, sê die siekte is veroorsaak deur ‘n bakterie wat versprei het deur water of voedsel wat deur besmette urine gekontamineer is. Die meeste pasiënte herstel vinnig maar, isolasie is nodig. Tanzanië se president Samia Suluhu Hassan sê die siekte is moontlik veroorsaak deur “groeiende interaksie” tussen mense en wilde diere as gevolg van die agteruitgang vna die omgewing.