Nog ‘n brandstofverhoging in Desember voorspel

Ekonome voorspel nóg ‘n brandstofprysstyging voor die einde van die jaar. Vir die afgelope maande is talle brandstofprysverhogings ervaar, maar die publiek hoop dat brandstofpryse weer sal daal of geensins sal styg nie. Salomo Hei, besturende direkteur van High Economic Intelligence sê dit is ‘n realiteit dat brandstofpryse sal styg.