Nog ‘n bevallingsaak teen die ministerie draai in die hof
Die soveelste saak in verband met ‘n bevalling met komplikasies by ‘n staatshospitaal, kom weer vanoggend voor regter Boas Usiku voor. Whitney Snyder dagvaar die ministerie vir 1,5 miljoen Namibiese dollar. In haar stukke sê sy die verpleërs het nagelaat om voldoende sorg te gee en toe sy uiteindelik kraam het sy haar heupbeen ontwrig en haar bekkenbeen gebreek. Sy voeg by die mediese personeel het nagelaat om ‘n ondersoek te doen om haar mediese toestand vas te stel. Die voorval het in Februarie 2019 by die Otjiwarongo-staatshospitaal plaasgevind. Nes in al die ander sake teen hom, verdedig die ministerie ook die een. Die saak kom voor vir saakbestuur.