Nóg ‘n bejaarde vrou op Swakop aangeval

Die Namibiese polisie het gister ‘n vermeende rower op Swakopmund in hegtenis wat ‘n 82-jarige vrou met ‘n stuk lap probeer wurg het. Herma Emmeriah was glo besig om tuin nat te lei toe hy haar gegryp en haar in haar woonstel ingesleep het. Emmeriah is van waardevolle juwele en ‘n selfoon beroof waarvan sommige items deur die polisie teruggevind is. Talle bejaarde inwoners van Swakopmund is die afgelope tyd deur misdadigers geteiken. Kosmos 94. 1 Nuus het met Inspekteur Ileni Shapuwa van die Erongo-streek gesels