Nóg ‘n baba in Windhoek in asdrom gevind

Skok is op sosiale media uitgespreek ná nóg ‘n baba-storting in die land. Volgens die Namibiese polisie is die ma wat haar baba in ‘n munisipale asdrom in Schoemanstraat in Windhoek-Noord weggegooi het, nog nie in hegtenis geneem nie. Die onbekende verdagte het geboorte geskenk aan ‘n ten volle ontwikkelde baba waarna sy glo die baba in die asdrom weggegooi het. Die baba is deur ‘n lid van die publiek gevind toe dié na leë koeldrankblikkies in die asdrom gesoek het.