Nog ‘n aanval by Capitol-Hill in Amerika

Een polisiebeampte is dood en ‘n ander een in die hospitaal met beserings na ‘n aanval op die Amerikaanse Capitol Hill-kompleks in Washington.‘n Motor het in ‘n veiligheidsversperring vasgery voordat die bestuurder die beamptes met ‘n mes aangeval het.Die beamptes het losgebrand en die verdagte doodgeskiet.Die owerhede het gesê dat die aanval, wat drie maande ná dodelike onluste in die Capitol plaasgevind het, nie terreurverwant was nie.