Nog lof vir Suid-Afrika vir sy Den Haag-aansoek

Die Palestynse assistent-minister van Buitelandse Sake vir Multilaterale Betrekkinge, Ammar Hijazi, het sy dank uitgespreek vir Suid-Afrika se regsgeding voor die Internasionale Geregshof in Den Haag in Nederland. Die belangrikste hof van die Verenigde Nasies het met sy verhoor begin oor Suid-Afrika se bewering van volksmoord oor Israel se optrede in sy konflik met Hamas, ʼn bewering wat Israel ten sterkste ontken. Hijazi beskou die hofsaak as ʼn beslissende oomblik vir die internasionale stelsel en bedank almal wat Suid-Afrika se aansoek steun:

Israel sal vandag ‘n geleentheid gegun word om sy saak te stel. Israel meen hy verdedig homself teen ‘n poging tot volksmoord op Jode.