Alle oë op Iran, Jemen na VSA, VK Houthi-teikens aanval

Amerikaanse en Britse magte het oornag aanvalle teen Houthi-rebelle-teikens in Jemen uitgevoer na hulle 27 aanvalle op vaartuie in die Rooisee sedert November bevestig het. ‘n Olietenk-vragskip onderweg na Turkye, is Donderdag herlei na ‘n hawe in Iran. Die regerings van Australië, Bahrein, Kanada, Denemarke, Duitsland, Nederland, Nieu-Seeland, die Republiek van Korea, die Verenigde Koninkryk en die VSA het ook pas ‘n gesamentlike verklaring uitgereik oor hulle konsensus in verband met die aanval in Jemen. Ontleders meen spanning sal toeneem veral omdat die VSA, onder leiding van Donald Trump, Saoedi-Arabië met wapens verskaf het en die Houthi’s in Jemen aangeval het. Iran ondersteun die Houthi’s.