Nog groepe kan nou aanmeld vir Covid-19 immunisering

Die Namibiese ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat buiten gesondheidswerkers kan die volgende groepe nou aanmeld vir immunisering teen Covid-19. Dit sluit in,lede van korrektiewe dienste, polisie- en immigrasiebeamptes, alle personeel by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, die Walvisbaaise lughawe asook werknemers by die hawe op die kusdorp; vragmotorbestuurders, vlieëniers en langafstand busbestuurders met permanente verblyf in Namibië; persone betrokke in die verspreiding van pensioen en ander maatskaplike toelae; joernaliste en diplomate.