Nog gevalle van Marburg-koors bevestig  

Ekwatoriaal-Guinee aan die weskus van Sentraal-Afrika het agt nuwe gevalle van die Marburg-koors bevestig. Die eerste geval is in Februarie aangeteken. Volgens die Wêreldgesondheids-organisasie is dit moontlik dat daar minstens nog 20 moontlike gevalle en sterftes kan wees. Die nuwe gevalle is naby die land se grens met Kameroen en Gaboen aangemeld. Tanzanië het aan die ander kant van die vasteland agt gevalle, waaronder vyf sterftes, van die Marburg-virus bevestig. Die dodelike virus is soortgelyk aan ebola en word deur kontak met liggaamsvloeistowwe versprei.