Nog geen uitsluitsel oor dokumente vir die Lühl-Delgado tweeling nie

Guillermo Delgado en sy Namibiese eggenoot Phillip Lühl, wag steeds op Namibiese dokumente vir hul tweelingdogters wat deur middel van ‘n surrogaat in Suid-Afrika gebore is. Die twee het reeds in Maart 2021 die hoërhof genader om die tweeling huis toe te bring en het in Mei verlede jaar noodreisdokumente vir die twee, wat nou 18 maande oud is, bekom. Maar, Delgado sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat sedertdien, is daar nog geen uitsluitsel oor die tweeling se dokumente nie.

Namibiese wetgewing ontbreek in verband met surrogaatskap en huwelike van dieselfde geslag.