NG-kerk moderator sê jammer vir apartheidsbeleid

Die moderator van die NG-kerk in Suid-Afrika, dr. Nelis Janse van Rensburg het in ‘n emosionele diens in die Wes-Kaap om verskoning gevra vir die kerk se rol gedurende apartheid. Van Rensburg sê die kerk het hom nie uitgespreek teen vergrype nie en het bruin en swart mense in die steek gelaat. Hy sê die kerk het die teologiese fondasie verskaf wat die apartheidsbeleid onderskraag het. Van Rensburg het ook om verskoning gevra dat die kerk voorgestel het dat die regering wetgewing instel wat gemengde huwelike verbied, en dat die kerk die Groepgebiedewet gesteun het.