Nog geen skadevergoeding, 120 jaar na Duitse volksmoord

Dit is vandag 120 jaar sedert die Duitse volksmoord op die Ovaherero en Nama-gemeenskappe in Namibië plaasgevind het. ‘n Lid van die Duitse parlement, Sevim Dagdelen, het aan die Duitse persagentskap gesê dit is ’n politieke aanklag dat die versoeningsooreenkoms steeds nie in werking kan tree nie omdat die Duitse regering voortgaan om die nodige heronderhandelinge te keer. Kosmos 94.1 Nuus het met Sima Luipert, ‘n aktivis van die Nama Tradisionele Vereniging, gepraat wat sê die Namibiese en Duitse regerings versuim om op te tree in die saak. Die Namibiese regering het ook nie vandag steun vir die saak geopenbaar nie.