Ondersoek na R44-helikopter se neerstort vorder

Die ongeluk van ‘n R44-helikopter op 17 Julie verlede jaar in Swakopmund, waarin vlieënier Jacques Jacobs en vlugingenieur Dirk von Weidts dood is, was na bewering weens vervalste dokumente en verskeie ander oortredings van die Wet op Burgerlugvaart. Antje Nauhaus, ‘n werknemer van Namibia Base Aviation, het in die hof verskyn op verskeie aanklagte wat met die saak verband hou. Die saak is tot 26 Maart vanjaar vir verdere ondersoek uitgestel. Kosmos 94.1 Nuus het met die waarnemende direkteur van vliegtuigongeluk-ondersoeke in die vervoer-ministerie, Thomas Herman, gepraat oor die ondersoek wat sy span op die ongeluk doen en wanneer die finale verslag beskikbaar sal wees.