Nog een vas vir whiskey, die keer N$121 000

Die smokkelary van goedere uit Angola, en hier maak ons nie melding van brandstof nie, duur blykbaar onverpoosd voort. Die Oshikoto-streek se mag sê ‘n 35-jarige man is by die Oshivelo-blokkade gevang met Best Whiskey ter waarde van 121 000 Namibiese dollar. Die voertuig, met ‘n Windhoek-registrasie, is om middernag voorgekeer. Dit volg na die mag oor die naweek, in twee afsonderlike gevalle by Tsumeb, 181 500 dollar se whiskey en sigarette gekonfiskeer het, ook by twee Namibiese minibusbestuurders.