Namibië kan nie ontkoppel van die rand nie

Die Suid-Afrikaanse rand het sedert 1994, toe die ANC-regering die leisels oorgeneem het, van 3,62 per Amerikaanse dollar tot meer as 19,80 in die middel van 2023 gedaal. Oor die afgelope 30 jaar het die rand se waarde met 82 persent gedaal, relatief tot die Amerikaanse dollar. Elke besluit wat die ANC maak, raak Namibië omdat die lande se geldeenhede gekoppel is. Kosmos 94.1 Nuus het by die Cirrus-ekonoom, Robert McGregor gaan uitvind hoekom die Namibiese dollar nie van die rand kan ontkoppel nie, want alles wat met die Suid-Afrikaanse Rand gebeur, raak Namibië.