Nog diere in Wuhan-mark in 2020 positief vir Covid

‘n Nuwe ontleding van genetiese materiaal wat van Januarie tot Maart 2020 by die Huanan-mark in Wuhan, China ingesamel is, toon dat van die DNS van diere reeds die koronavirus gehad het. ‘n Beduidende hoeveelheid van daardie DNS behoort blykbaar aan diere bekend as wasbeerhonde, in Engels, racoon dogs, wat by die mark verhandel word. Daar word uit die VSA berig dat die nuwe bevindings nie die vraag oor hoe die pandemie begin het oplos nie. Dit bewys ook geensins dat wasbeerhonde die diere was wat mense eerste besmet het nie.