Nóg ANC-lede kan tugstappe verwag

Die ANC sê nog lede kan tugstappe verwag weens hulle deelname aan verset-optrede by oudpresident Jacob Zuma se huis in Nkandla die afgelope naweek. Die party se nasionale uitvoerende komitee het besluit om Carl Niehaus tydelik te skors omdat hy die party se beeld geskend het, en gaan tugstappe teen hom doen. Hy was ‘n prominente figuur in die betogings. Niehaus het aangedui hy gaan die skorsing beveg. ANC-woordvoerder Pule Mabe het aan die media gesê dit is nie ‘n suiweringsveldtog nie.