Nog 3 by Rooies se saak bygevoeg

Die Namibiese regbank het bevestig dat drie verdere beskuldigdes by die saak teen die voormalige Gobabis landdros Walter Rooies Mostert, gevoeg is. Daar is 29 klagte, wat ook teen Mostert gelê is, teen Joyline Kambutuku, Eveline Meroro en Salomo Joram gelê. Die Staat beweer dat Mostert in 2012 ‘n Suid-Afrikaanse familie onwettige burgerskap laat bekom het deur vervalste dokumente in te dien en verder, dat hy in 2013, nog ‘n familie bedrieg het en meer as 340 000 dollar uit hulle gemaak het. Die drie het hom na bewering gehelp om die dokumente en meer te bekom. Die saak is tot 29 Julie uitgestel vir Meroro om aansoek vir regshulp te doen. Al die beskuldigdes is in aanhouding.