Geingob-inenting – natuurlik moet ons weet!

Plaaslike media berig dat die Presidensie se woordvoerder Alfredo Hengari van mening is dat die inentingstatus van President Hage Geingob onbelangrik is. Hy het gereageer op navrae nadat daar aangekondig is dat die Geingob-egpaar op 29 Junie ingeënt sal word. Die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het einde Mei gesê dat nie een van die beskikbare entstowwe vir Geingob aangedui is nie en die aankondiging het die publiek ontstel omdat hulle kommer het oor die veiligheid van die entstowwe. Beide Geingob en die Presidentsvrou Monica Geingos het reeds Covid-19 gehad en dit is steeds nie duidelik watter entstof wel bekom sal word vir Geingob. Kenners meen dit is baie belangrik om te weet wat die status van die president is en dat hy in die openbaar ingeënt word om vertroue in die entstof te help bou.