Nog 181 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig

Die Namibiese gesondheidsministerie het 181 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Outapi het 38,Opuwo 29,Grootfontein 27, Eenhana en Engela 14 elk en Windhoek 8. Die res kom landwyd voor. Daar is steeds 2 280 aktiewe gevalle, met 119 796 wat reeds herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal 125 494. Daar is 96 leerders, sewe studente, vier onderwysers en sewe gesondheidswerkers onder die nuwe bevestigde gevalle.