Noble & Azhar wil appelleer teen tronkstraf

Plaaslike media berig dat Grant Noble en Dinath Azhar beplan om teen hulle vonnisse te appelleer. Die twee is Donderdag elk effektief 7 jaar tronkstraf deur regter Orben Sibeya opgelê. Hulle is skuldig bevind aan handel in dwelms na hulle met 412 kilogram kokaïen ter waarde van 206 miljoen dollar in 2018 by Namport betrap is. Hulle prokureur Sisa Namandje het bevestig dat die aansoek om verlof tot appèl binne die volgende paar dae ingedien sal word. Die saak het groot opslae gemaak omdat dit die grootste vonds van dwelms tot op hede in die land was.