Noa verduidelik hoekom Teen-korrupsiewet aangepas moet word

Die Wet op Teen-korrupsie is Namibië se primêre teen-korrupsiewet, wat passiewe omkopery, aktiewe omkopery, poging tot korrupsie, afpersing en omkoop van staatsamptenare dek. Weens verskeie skuiwergate in die wet, moet die wet hersien word vir die Kommissie om sy pligte ten volle uit te voer om korrupsie hok te slaan. Die direkteur-generaal van die kommissie Paulus Noa het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die redes vir hersiening van dié belangrike wet.