Noa sal vandag pleit

Dennis Noa, wat van verkragting aangekla is, sal na verwagting vandag pleit wanneer hy voorkom in die Katutura-landdroshof. Die ondersoek is reeds afgehandel. Landdros Niinja Hochobes hoor die saak aan en het die saak op 17 Desember verlede jaar tot vandag toe uitgestel sodat Noa sy pleit kan voorberei. Noa word daarvan verdink dat hy in April verlede jaar ‘n manlike breinbeseerde pasiënt in die Katutura-hospitaal verkrag het. Hy is vry op borg van 10 000 Namibiese dollar.