KwaZulu-Natal word SA se moord-hoofstad

KwaZulu-Natal se premier Sihle Zikalala sê die provinsie is besig om die land se hoofstad vir moord en verkragting te word en hulle moet ontslae raak van hierdie beeld. Hy sê die provinsie se mense loop deur onder misdade wat wissel van politieke moorde, moord op tradisionele leiers, geweld in die taxibedryf en moorde in gemeenskappe. Hy sê die idee bestaan dat dit aangedryf word deur hoë vlakke van dwelmmisbruik. Zikalala sê die provinsie se misdaadkoers is op ‘n onaanvaarbare vlak: