Noa eis terugbetaling van toelae by landbouministerie

Plaaslike media berig dat die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie, Paulus Noa, die uitvoerende direkteur van die ministerie van landbou, Percy Misika en sy adjunk Ndeyakupi Nghituwamata, instruksie gegee het om hulle behuisingstoelae terug te betaal omdat die twee die toelaag ontvang het maar, in regeringshuise gewoon het. Die kommissie het ondersoek ingestel nadat die Engelse dagblad, die Namibian, berig het dat Misika gratis in ‘n regeringshuis woon en ‘m behuisingstoelaag ontvang. Die praktyk, wat blykbaar redelik algemeen is, word nie toegelaat nie en verskeie staatsamptenare is volgens berigte in die verlede hiervoor vervolg.