NLU-president sê Neckartal-besproeiingsprojek het potensiaal

Die Namibiese kabinet gaan ‘n voorstel vir openbare-private vennootskap oorweeg vir die ontwikkeling van ‘n 5 000 hektaar besproeiingskema by die oorvloeiende Neckartal-dam, het die landbouminister Calle Schlettwein aan die Namibiese dagblad New Era gesê. Sodra dit geïmplementeer is, sal dit voedselsekuriteit en ekonomiese ontwikkeling vir die Karas-streek beteken. Piet Gouws, die president van die Namibiese Landbou-unie sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is enorme potensiaal in die projek.