NLU betree Job se rooilynsaak as respondent
Die saak waar Job Amupanda die verwydering van die rooilyn eis is tot 5 Desember vanjaar uitgestel. Die Namibiese Landbou-unie wil die saak as respondent betree. Volgens Amupanda se regsman Kadhila Amoomo staan die NLU saam met die regering en die Namibiese Vleisraad die aansoek teen. Kosmos 94.1 Nuus het onlangs met die voorsitter van die Wêreld Boere-organisasie, dr. Theo de Jager gesels oor die prosessering van vleis noord van die rooilyn. Bek- en klouseer word tussen 80 en 100 grade Celsius ge-deaktiveer en dus, sou boeliebief of vooraf-gekookte en verpakte vleis of afval vervaardig word, kan dit die hele land voorsien. De Jager het sy reaksie hierop so verwoord.