NIP sê werker peuter met Covid-rekords

Die Namibiese Instituut van Patologie het aangekondig dat ‘n personeellid geskors is op die vermoede dat sy met Covid-rekords gepeuter het. Die instituut se hoof uitvoerende beampte Kapena Tjombonde het in ‘n verklaring gesê ‘n interne ondersoek het bevestig dat die vrou haar amp gebruik het om toegang tot die inligtingstelsel te bekom en Covid-rekords aan te pas. Geen verdere besonderhede is bekend gemaak nie. Tjombonde sê ‘n kriminele klag sal teen die werknemer gelê word en die Teenkorrupsie-kommissie sal ook genader word.